Skip to main content

ISAAC CLOETE 

Dit gons behoorlik nadat ‘n Valke-lid nie sy vlerke tuis kon hou nie.

Die gonsery volg nadat AO Eugene Marshall Grace (44) die afgelope Donderdag op Springbok gevonnis is vir bedrog.

Volgens die Valke se  woordvoerder, Nonthandazo Mnisi, het hy seksie 1 van die Algemene Wysigingswet 50 (1957) oortree. Sy het gesê:

“Grace was deel van ‘n koverte operasie in Augustus dié jaar. Hiertydens was ‘n bedrag van R50 000 vanuit ‘n staatsrekening onttrek vir die sting-operasie.”

Slegs R20 000 was egter gebruik en die res moes teruggesit word. Grace het hom eerder laat afboek vir ‘n siekte en verdwyn met die ander R30 000. Hy het dit toe  gebruik vir persoonlike doeleindes.

Pogings om hom op te spoor was onsuksesvol. Hierna was besluit om hom aan te kla.‘n Opsporingspan van die Valke was saamgestel om na hom te soek.

Gedurende September het hierdie span hom naby Springbok vasgetrek en gearresteer. Hiertydens kon die Valke net R11 000 terugvind, volgens Mnisi.

Nae verskeie hofverskynings was hy Donderdag op Springbok skuldig bevind en gevonnis. Hy moet R12 000 betaal of tronkstraf van twee jaar uitdien.

Volgens die Valke, hier,  is daar baie lede wat nie rêrig hul sout werd is nie en ander lede se name met ‘n plank slaan.

Grace, oorspronklik van Komaggas, was voorheen by die veediefstaleenheid op Springbok. Hy het in 2019 na die Valke-eenheid gegaan.

Intussen vertel ‘n ingeligte dat Grace weer na die polisie-stasie, hier, verplaas gaan word.  Hy werk nog steeds.

Inwoners hier is baie ontsteld oor die voorval. Baie glo dat hierdie soort bedrog nie ‘n goeie beeld vir die Valke-naam is nie. Ander voel dat Grace te lig van die oortreding afgekom het. Of dat dit nie die moeite werd was nie om jou werk vir so ‘n “klein bedrag” in gevaar te stel nie.

Baie voel egter sterk dat hy eerder ontslaan moes word, om die  staatsdiens so te help skoonmaak van kriminele elemente.

One Comment

  • Loumie says:

    Kommentaar oor die Valk wat steel: Om R12 000 te betaal omdat jy R30 000 gesteel het. Ek os nou nie die beste wiskundige ter aarde nie, maar dit klink mos amper soos ‘n “Black Friday Special”. Dan bly hy nog in die Mag/Diens ook? Hy sal daardie R12 000 gou-gou bymekaarskraap met ander onheilighede. Of het hy nou sy les geleer? 🙄🙄🙄

Leave a Reply

error: Content is protected !!