Met net minder as ‘n maand oor voor Kersfees, sal baie mans weer na parfuum, daardie ou staatmaker-geskenk vir vroue, uitreik om ‘n spesiale pakkie vir ‘n geliefde voor te berei.
Maar wie weet nou wat die verskil tussen die soorte is? Een van die deskundiges by Rio Perfumes in Johannesburg het die gewildste parfuums van die seisoen aan Die Waarheid onthul.
Shaghaf Oud by Swiss Arabian
Shaghaf Oud by Swiss Arabian is ‘n amber geur vir vroue en mans. Topnoot is aaffraan; middelnote is agarhout en rose; basisnote is agarhout, praline en vanielje. So ’n bottel kos R1500.
Omnia Golden Citrine Eau de Toilette
Omnia Golden Citrine Eau de Toilette is ‘n stralende blomme parfuum geïnspireer deur die Goue Sitrine, die edelsteen van lig en optimisme. So ’n bottel kos R1800
Pepe Jeans London
Vir die mans, die aromatiese krag van ‘n vars duet van jenewer en kardemom versmelt met die feestelike sprankel van jenewernote, wonderlik gemeng met ‘n verleidelike kakao-ekstrak. So ’n bottel kos R900.
Vir die vroue, ’n samesmelting van amber en vanielje versterk met heerlike note van amandelmelk, malvalekker en muskus vir ’n sagte, intieme en absoluut verslawende afwerking. So ’n bottel gaan vir R900.