Greg Abbott, die goewerneur van Texas, het gisteraand op Twitter gesê dit help min dat die Amerikaanse president Joe Biden reisbeperkinge teen Suid-Afrikaners ingestel het weens die Omicron-variant van die koronavirus nie – want hulle sluip nog onwettig oor die grens.
Amerika se suidelike grens – waar Suid-Afrikaners die Verenigde State kwansuis te voet binnekom – is sowat 14 000 km van Suid-Afrika af.
Vermoedelik het die goewerneur deurmekaar geraak met Suid-Amerikaners.