Skip to main content

Verpligte Covid-19-inentingsvereistes vir werk en openbare ruimtes kan binnekort vir Suid-Afrika op die horison wees.

President Cyril Ramaphosa het gesê ‘n taakspan is deur die regering saamgestel om te oorweeg of entstowwe verpligtend moet wees vir spesifieke plekke en aktiwiteite. Dìt nadat hy in ‘n video gesê het dat niemand ooit verplig sal word om inentings te kry nie.

“Ons besef wel dat die instelling van so ‘n maatreël ‘n moeilike en komplekse kwessie is, maar as ons dit nie ernstig en dringend aanspreek nie, sal ons as mense kwesbaar bly vir nuwe [Covid-19] variante en voort gaan om onder nuwe golwe van infeksie te ly,” het hy gesê.

‘Dit is tyd om ingeënt te word,’ sê Ramaphosa.

Hy het die opmerking gemaak pas nadat hy aan die volk vertel het daar heers nog groot onsekerheid of entstowwe effektief teen die nuwe koronavirus-variant is.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!