Skip to main content

Indien jy van plan is om ‘n tweedehandse motor aan te skaf, dink twee keer voor jy reageer op advertensies op sosiale media.

’n Ontleding van geregistreerde misdaad het ’n nuwe neiging van bedrog aan die lig gebring waar voornemende kopers van gebruikte voertuie, meestal in die goedkoper prysklas, wat op sosiale mediaplatforms geadverteer word, geteiken word.

Voertuie word deur misdadigers geadverteer teen oënskynlik winskooppryse op die verskillende beskikbare sosiale mediaplatforms om hul slagoffers in die bedrogspul te lok.

Sodra jy kontak met die verkoper gemaak het, word die koper aangeraai om so vinnig moontlik ‘n deposito te betaal om te verseker dat die verkoper die voertuig sal hou, aangesien daar groot belangstelling na die spesifieke voertuig is.

Sodra die koper die betaling in die bankrekening gemaak het, verdwyn alle inligting van die media blad en die verkoper is onbereikbaar.

Die volgende wenke kan nuttig wees om te verhoed dat jy ‘n slagoffer van ‘n bedrieglike of fiktiewe transaksie word:

  • Versoek die verkoper om die geadverteerde voertuig vir ‘n polisieklaringsertifikaat te neem voordat jy die transaksie beding.
  • Die versoek vir ‘n deposito of voorafbetaling is die eerste tekens dat dit moontlik ‘n bedrogspul kan wees.
  • Die onwilligheid van die verkoper om meer kontakbesonderhede te verskaf kan ook ‘n teken wees dat die verkoper iets het om weg te steek.
  • Dring daarop aan om die voertuig persoonlik by ‘n veilige ontmoetingsplek, soos ‘n besigheids sentrum te besigtig.

As jy vermoed dat jy met ‘n swendelaar te doen het, stel asseblief jou plaaslike polisie in kennis en weerhou van enige verdere kontak met die adverteerder.

Leave a Reply

error: Content is protected !!