Skip to main content

‘n Huldigingsdiens word vanoggend om 11:00 vanuit die Moreletapark gemeente in Pretoria vir die gewilde sanger en liedjieskrywer Theuns Jordaan gehou.

Weens COVID-19 regulasies mag slegs 100 mense die diens bywoon, maar dit sal wel op Theuns se Facebook-blad gestroom word.

Heelwat van Suid-Afrika se kunstenaars gaan die diens bywoon om hulde aan Theuns te bring. Verskeie sangers soos Bok van Blerk, Ricus Nel en Dozi gaan hulde aan Theuns bring en ook tydens die geleentheid optree. Van Blerk, Nel, Dozi, Kurt Darren, Steve Hofmeyr en Bobby van Jaarsveld sal as kisdraers by die diens dien.

Daar sal ook verskeie video-huldeblyke gespeel word. Theuns is verlede week Woensdag oorlede nadat Leukemie ‘n jaar gelede by hom gediagnoseer is

Leave a Reply

error: Content is protected !!