Skip to main content

‘n Eskom-werknemer en -kontrakteur is eergister in hegtenis geneem vir die besit van ‘n groot hoeveelheid koperkabels in Welkom, Vrystaat.

Danksy die waaksaamheid van ‘n Kaptein van die Welkom K9-eenheid is die twee verdagtes gearresteer en is daar op koperkabels van 170 meter met ‘n geraamde waarde van R540 000 beslag gelê.

Daar word vermoed dat die koperkabels uit Eskom se pakhuis in Welkom gesteel is.

Eskom bedank die polisie vir hul waaksaamheid en veroordeel enige kriminele gedrag deur die werknemers en kontrakteurs ten sterkste. Die kragvoorsiener moedig ook lede van die publiek aan om enige vermeende misdadige gedrag by Eskom se tolvrye misdaadlyn by 0800 11 27 22 aan te meld.

Die twee verdagtes het gister in die Welkom-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!