Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, SAPD se forensiese maatskaplike werkers en Matla A Bana-stigting het gister ‘n seremonie in Phillipstown gehou.
Adjudant-offisier Valery Booysen van die FCS-eenheid in Phillipstown het die span gelei wat troospakkies aan seuns tussen die ouderdomme 10 en 13 jaar, wat slagoffers was in beweerde verkragtingsake, oorhandig het.
Kaptein Ulla Spies, die SAPD se forensiese maatskaplike werker en die Phillipstown Stasiebevelvoerder, WO D Pietersen het deel gevorm van die afvaardiging wat Matla A Bana geborgde troospakkies wat bestaan uit toiletware, klere en speelgoed oorhandig het. Die span het ook die kinders met partytjiepakkies bederf.
Die aksie is uitgevoer onder die 16 Dae van Aktivisme-tema: “Die Jaar van Charlotte Mannya Maxeke- 16 Dae van Aktivisme – beweeg van bewustheid na aanspreeklikheid”.