Hendrick Beukes, 45, is in die Upingtonse streekhof skuldig bevind aan moord. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die ZF Mgcawu-distrik het die skuldigbevinding verwelkom.
Jan Rooi, 61, was in Januarie 2020 met ‘n sekel op sy kop gesteek en is na die hospitaal gehaas.
Hy is opgeneem en later na die Intensiewe Sorgeenheid oorgeplaas waar hy ‘n paar dae later dood is. Na ‘n suksesvolle ondersoek is die 45-jarige Hendrick Beukes in hegtenis geneem.
Beukes is skuldig bevind op ‘n moordklag, dolus eventualis en is tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.