Skip to main content

’n Naakte jong vrou het konsternasie in Libertasstraat, Blancheville, in Witbank veroorsaak.

Die vrou se vriend wat sy naam anoniem wil hou, het gesê die vrou het die dwelm Crystal Meth gebruik.

Die vrou het kaal in die straat afgehardloop en motoriste tot stilstand gebring, nie net oor sy poedelnakend was nie, maar ook omdat sy omgery kon word.

Nadat sy deur ’n vrou platgeduik en deur haar vriend op die grond vasgehou is, het omstanders ’n kring om haar gemaak, hande gevat en kliphard begin bid.

Die vrou is later deur Netcare 911 na Witbank Hospitaal geneem.

 

 

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!