Skip to main content

Die Noupoort SAPD Bestuur verwelkom die 25 jaar vonnis wat onlangs in die Colesberg Streekhof aan Thembilihle Kokera (22) opgelê is.

Kokera het op 18 April 2020 by die Noupoort-huis van ‘n 82-jarige vrou ingebreek waarna hy haar aangerand en verkrag het.

Die slagoffer het die polisie ingelig en die vlugtende verdagte is ‘n week later aangekeer en in hegtenis geneem. Kokera was in aanhouding tot sy vonnisoplegging gister.

Die provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe(FCS)-eenheid, brigadier Nicky Mills, het speur-ao Edwin Mokgalagadi van die De Aar FCS-eenheid geloof vir sy noukeurige ondersoek wat verseker het dat ‘n persoon wat sulke gruwelike misdade gepleeg het, wel vervolg en gestraf was.

 

Leave a Reply