Die DA sal volgende week sy federale uitvoerende vergadering hou waar daar besluit sal word hoe om sy gedwonge koalisieregerings in Ekurhuleni en Johannesburg te bestuur.
Die verwagting is dat die party sy Johannesburg- en Ekurhuleni-burgemeesters, onderskeidelik Mpho Phalatse en Tania Campbell, waarsku om nie gehoor te gee aan opposisieparty-eise as dit nie by die DA-beginsels en -beleide aansluit nie.
Fikile Mbalula, die ANC-verkiesingshoof, wou nie erken dat die ANC op ‘n afdraende pad is nie. “Ons het nie verkiesings verloor nie, ons het koalisies verloor weens ons versuim om volstrekte meerderheid te kry om te regeer,” het hy gesê.