Skip to main content

Elf mense is in hegtenis geneem vir die besit van onwettige myntoerusting in Matholesville naby Roodepoort in die Wesrand.

Die polisie in Gauteng, saam met ander wetstoepassingsagentskappe, was verlede naweek weer besig met operasie O Kae Molao onder leiding van Gauteng SAPD se provinsiale kommissaris, Luitenant-generaal Elias Mawela. Die operasie poog om enige vorm van kriminele aktiwiteite te stuit.

Die doel van die operasie is ook om die plaaslike stasie by te staan ​​om misdaad te verminder en die naweek was die fokus op onwettige mynbou wat ‘n groot oorsaak is vir misdade soos aanranding, moorde, poging tot moord en die besit van onwettige vuurwapens.

Die operasie het daartoe gelei dat meer as 800 mense in hegtenis geneem is vir verskeie misdade wat wissel van die besit van ongelisensieerde vuurwapens, besit en handel in dwelms.

Leave a Reply