Skip to main content

Pretoria word deur die webblad Numbeo.com gelys as die tweede gevaarlikste stad ter wêreld om in te woon. Dit is volgens die stad se inwoners wat vraelyste op die webblad voltooi het.

Inwoners van meer as 450 stede wêreldwyd is vir die jongste lys gepols. Johannesburg staan vierde, Durban sesde en Kaapstad 18de.

Volgens die data wat die minister van polisie, Bheki Cele, verlede week oor misdaad in Suid-Afrika bekend gestel het, staan mense in Suid-Afrika die grootste kans om op straat, in die veld, in ‘n ontspanningsentrum, in ‘n park, op die strand, in ‘n parkeerterrein of in ‘n verlate gebou vermoor te word. Dit is waar die meeste van die moorde in die tydperk tussen 1 Julie en 30 September hierdie jaar in die land gepleeg is

Leave a Reply

error: Content is protected !!