‘n Beroep deur omgewingsaktiviste op Suid-Afrikaners om Shell-diensstasies oor die spitsreisseisoen hierdie Desember te boikot, vorm deel van groeiende eise om die olie- en gasmaatskappy te keer om seismiese opnames aan die ooskus te doen.
The Green Connection, ‘n omgewingsgroep, se strategiese leier, Liz McDaid, het met Fin24 gepraat en gesê dat mense die afgelope paar weke reeds by Shell-diensstasies regoor die Wes-Kaap en Oos-Kaap betoog het.
Wetenskaplikes het gewaarsku dat die seismiese opnames met seelewe sal inmeng, veral dié wat klank gebruik om hul pad in die water te navigeer. Sommige van die erge gevolge wat in die dokumentêr Becoming Invisible, met Janet Solomon as reggiseur en medestigter van Oceans Not Oil, te sien is sluit in tydelike gehoorverlies, skade aan voortplantingsorgane, skade aan weefsel en veroorsaak stres by seediere.