Die Provinsiale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het namens Polisiebestuur in die provinsie meegevoel gestuur aan families van die twee kinders wat hul lewens verloor het nadat hulle deur weerlig getref is. Die skokkende voorval het glo op Saterdag by Sheepmoor in die Gert Sibande-distrik plaasgevind.
Volgens inligting het ‘n groep jong seuns omstreeks 17:00 by ‘n plaaslike sportterrein sokker gespeel toe die reën begin het en die kinders glo onder ‘n boom daar naby gaan skuiling soek het. Ongelukkig is nege van die kinders deur weerlig getref waarna twee hul lewens verloor het. Die ander sewe is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling.
’n Geregtelike doodsondersoeksaak word deur die polisie by Sheepmoor ondersoek.