Skip to main content

Moshayi Tonderai (31) en Patrick Ncube (31) is sedert verlede Vrydag in Komatipoort in aanhouding nadat hulle gearresteer is. Een het probeer om ‘n verkeersbeampte om te koop en die ander wou oor beamptes ry.

Die volgende dag het ander vragmotorbestuurders van Zimbabwe ‘n bedrag van R4 000 bygedra en na bewering die verkeersbeampte, mnr Baloyi, genader om die saak teen hul landgenoot te laat verdwyn. Daar word verder beweer dat hulle aanvanklik belowe het om R10 000 te gee.

Die verkeersbeampte het toe besluit om die saak by die Valke se Serious Corruption Investigation-span in Nelspruit aan te meld.

Die saak is tot 23 November 2021 uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek.

Leave a Reply