Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het aangekondig dat hy daaglikse retoervlugte vanaf Maputo, Mosambiek, aan die begin van Desember van sy skedule sal verwyder.

Simon Newton-Smith, SAL se tussentydse uitvoerende beampte vir kommersiële sake, het verduidelik dat die besluit geneem is as gevolg van ‘n gebrek aan besprekings op die roete.

“Toe die SAL aan die einde van September bedrywighede hervat het, het ons ons daartoe verbind om passasiersvolumes en inkomste op alle roetes voortdurend te monitor. Die vraag na hierdie diens het nie aan verwagtinge voldoen nie en hierdie verandering is voorlopig in ooreenstemming met ons strategie om ‘n deursigtige bestuur en om finansieel verantwoordelik te wees,” het Newton-Smith gesê.

Die lugredery het gesê die kliënte wat reisagente gebruik het om vlugte te bespreek, moet hulle direk kontak. Kaartjies wat aanlyn gekoop is, of deur die SAL-inbelsentrum, kan gerekonsilieer word deur die SAL-handelsondersteuning per e-pos te kontak by Tradesupport1@flysaa.com.

Die SAL sal ook nie op Kers- en Nuwejaarsdag sy retoervlugte na Accra in Ghana bedryf nie.

Vlugte na Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo sal nie op Oukersaand en Oujaarsaand in werking wees nie.

Die lugredery het gesê vlugte na Lusaka, Zambië, sal vanaf 1 Desember vir vyf dae per week vlieg, in plaas van sewe dae per week.

Leave a Reply

error: Content is protected !!