Skip to main content

Pogings van die SAPD se spesiale taakspan, om wetsoortreders aan te keer, het gelei tot die inhegtenisneming van drie verdagtes die naweek in St Helenabaai vir die handel in dwelms.

Die lede het op inligting gereageer en Saterdagaand ‘n soektog by ‘n woning in Gansiestraat, Laingville, St Helenabaai uitgevoer waar die drie verdagtes van tussen 27 en 50 jaar oud in hegtenis geneem is. Hulle was in besit van 1 176 mandrax-tablette met ‘n geraamde straatwaarde van R70 000 en kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is.

Die verdagtes sal na verwagting vanoggend hul hofverskynings in die Vredenburg-landdroshof maak.

Leave a Reply