Werkers in die Amahlathi Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap is woedend, en dreig dat ‘n klein oorlog daar sal uitbreek as werkers nie in Desember bonusse betaal word nie.
R6,7 miljoen is nodig om bonusse vir dié munisipaliteit se 295 werkers te betaal.
Die SA Munisipale Werkersunie (Samwu) het die munisipale bestuur lank terug aangeraai om werkers hul bonusse op hul verjaarsdae te betaal om die huidige situasie te vermy, maar geen stelsel is hiervoor geïmplementeer nie.
Luthando Juju, die streeksekretaris van Samwu, is die een wat die woord “oorlog” geopper het in ‘n navraag oor nie-betaling van bonusse.