Skip to main content

Rika Cloete, die heersende Mev. Noord-Kaap, is nie net ‘n mooi gesiggie nie – haar hart bloei ook vir die minderbevoorregtes in haar gemeenskap.

Rika was aan die stuur van die Noord-Kaapse been van die Power Towers Food Drive, ‘n jaarlikse landwye kosinsamelingsprojek deur die RoleModels Foundation-titelhouers.

Die oud-Namakwalander, wat deesdae ‘n veiligheidsbeampte by Kudumane Manganese Resources is en in Kathu woon, sê die toring van blikkieskos wat hulle in die Kathu Village Mall gebou het, sluit aan by hulle missie – We Can.

“Ons noem ons toring die ‘Toring van Genade’,” het sy aan Die Waarheid vertel.

Volgens Cloete leef die gemeenskap in die Noord-Kaap van die hand tot die tand, maar “hierdie soort projekte bring hoop terug na die gewone mense”.

Danksy skenkings deur borge, vriende en die gemeenskap as ‘n geheel, het Cloete en haar span hope blikkies kos ingesamel, maar sy weet nog nie presies hoeveel nie. Dit sal geskenk word aan ‘n liefdadigheidsorganisasie van hulle keuse, met die goedkeuring van die RoleModels Foundation.

Leave a Reply

error: Content is protected !!