Skip to main content

‘n Onbekende man het homself Saterdag in sy wit Chevrolet Aveo aan die brand gesteek.

Die man het in sy voertuig naby Beyers Naude-rylaan in Muldersdrift aan die Wes-Rand gesit toe die voorval plaasgevind het. Hy is onherkenbaar verbrand.

Volgens omstanders het dit nooddienste ongeveer 45 minute geneem voor hulle op die toneel opgedaag het.

Die polisie ondersoek die voorval en vermoed dat dit moontlik selfmoord kan wees.  Kol Dimakatso Sello, ‘n Polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom die voorval is in hierdie stadium onbekend en die slagoffer is nog nie geïdentifiseer nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!