Die George-omgewing in die Suid-Kaap het vanoggend deurgeloop onder erge oorstromings na swaar reën in die gebied.
Inwoners van die omgewing is gevra om indien moontlik tuis te bly totdat die paaie weer veilig is.
Volgens die George-munisipaliteit moes personeel vanoggend op verskeie noodoproepe reageer en die dorp was grootliks onder water. Daar is ook onbevestigde berigte van huise wat oorstroom het. Daar was verskeie kragonderbrekings en verskeie munisipale kantore moes gesluit word.
Volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens word daar nog reën in die gebied verwag.