Skip to main content

Drie veiligheidswagte is Vrydagoggend tydens ‘n transitorooftog op die N1 noord naby die Murrayhill-afrit beseer.

‘n Polisiewoordvoerder, Kolonel Athlenda Mathe, het gesê: “volgens inligting was die geldwa op pad na Marble Hall in Limpopo toe die voertuig omstreeks 10:00 aangeval en gebombardeer is. ‘n Onbekende bedrag kontant is geneem”.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê ooggetuies beweer ‘n voertuig het in die geldwa vasgejaag en hom laat omslaan.

Inwoners en motoriste beweer dat hulle geweerskote gehoor het. Drie voertuie is tydens die rooftog beskadig.

Drie veiligheidsbeamptes het geringe tot matige beserings opgedoen, hulle is op die toneel behandel voordat hulle per Netcare 911-ambulans na die hospitaal vervoer is vir verdere sorg, wat nie verband hou met enige skietwonde nie.

Mathe sê daar is ook op die bystandvoertuig geskiet. Die saak word verder ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!