SA se volgende hoofregter sal óf die konstitusionele hofregter Mbuyiseli Madlanga, hooggeregshofpresident Mandisa Maya, Gautengse hooggeregshofregterpresident Dunston Mlambo óf die huidige adjunkhoofregter Raymond Zondo wees.
President Cyril Ramaphos het dié vier as die finale kandidate vir die hoogste geregtelike amp in die land aangekondig.
Hierdie vier se name is aan die Regterlike Dienskommissie en leiers van partye wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig, voorgelê, sê die presidensie.