Skip to main content

Die SAPD se provinsiale georganiseerde misdaadspeurders het op ‘n beweerde dwelmlaboratorium in Kimberley toegeslaan en op dwelms ter waarde van ongeveer R1 miljoen beslag gelê.

Die span is bygestaan ​​deur die SAPD Multi Dimension Organised Crime-eenheid en het ‘n 43-jarige man in hegtenis geneem vir die handel in en vervaardiging van dwelms.

Die polisie het beslag gelê op toerusting en toebehore wat in die vervaardigingsproses gebruik is. Potte, skale, lepels, oonde, en ‘n verskeidenheid chemikalieë wat na bewering vir die vervaardiging van dwelms gebruik is, was onder die vonds.

Die lede het ook beslag gelê op vullissakke gevul met vermoedelik kokaïen, tik en cat nadat daar gister in die middel van die dag op die huis in Carters Glen, Kimberley, toegeslaan is.

Die Frances Baard Distrikskommissaris, genl.maj Johan Bean, het die SAPD-lede geloof vir hierdie groot deurbraak en het herhaal dat “ons sal aanhou om die spasie waarin misdadigers werk in te perk, aangesien dwelms een van die fokusareas hierdie feesseisoen sal wees”.

Leave a Reply

error: Content is protected !!