Die Afrikaanse superster-sanger Theuns Jordaan is oorlede.
Leukemie is in September verlede jaar by die sanger gediagnoseer en hy het sedertdien chemoterapie ontvang.
Jordaan het in Maart vanjaar gerugte dat hy in ʼn hospitaal opgeneem is in die kiem gesmoor en gesê hy is “in remissie en sterk tuis aan”.
Jordaan het ook in die tydperk ʼn beenmurgoorplanting ondergaan.