Vanjaar se dieretuinfeesvieringe beloof om ‘n betowerende versameling liggiebelaaide lewensgrootte dierekarakters aan die publiek te wys. Musiekvermaak, kosstalletjies en handwerk-nagmarkte vir besoekers aan die Johannesburg-dieretuin is ook op die agenda.
Joburg Theatre, in samewerking met die Stad Johannesburg-entiteite, Joburg City Parks en Zoo en City Power, bied die jaarlikse Joburg Festival of Lights aan.
Parkeerplek vir die geleentheid is beskikbaar by die Upper Park Drive-parkade.
Besoekers kan vanaf 25 November tot 2 Januarie op Dinsdae tot Sondae vanaf 19:00 tot 22:00 liggies gaan kyk en aan die pret deelneem.
Besoekers aan die dieretuin sal op ‘n aangewese verligte roete, weg van die diere, onder bome wat met honderde betowerende ligte versier is, wandel.
Die kaartjies vir Joburg Zoo Festival of Lights is beskikbaar teen R75 vir kinders van drie tot 12 jaar, R90 vir pensioenarisse en R150 vir volwassenes en kinders van 12 jaar en ouer.
Kinders onder die ouderdom van drie sal gratis toegang hê.
Besoekers word toegelaat om hul eie kampstoele saam te bring.
Die volgende word nie by die lokaal toegelaat nie:
- Geen ballonne of balle nie
- Geen troeteldiere nie
- Geen alkohol word nie
- Geen masker, geen toegang nie
- Geen koelbokse nie
- Geen kos
Laat asseblief ekstra tyd toe vir Covid-19-keuringsprosedures.
Vermaak is afhanklik van die weer.
Vermaak wat aangebied word:
25 November – Joburg Ballet, Bikos Manna, Xoli B en Brenda Mtambo
26 – 28 November – Joburg Ballet se Neutekraker en Bikos Manna
30 November tot 5 Desember – Joburg Ballet se Neutekraker en Soulphiatown
7 – 12 Desember – Art of Dance en Xoli B
14 – 19 Desember – Shef and the Kitchen en Tribhangi Dansteater
21 Desember – Semper Opera met Kersliedere en Mzansi Jeugkoor
22 Desember – Kersliedere deur Mzansi Jeugkoor
23 Desember – Semper Opera met Kersliedere
24 Desember – Kersliedere deur Mzansi Jeugkoor
26 Desember – Semper Opera met Kersliedere
28 Desember tot 2 Januarie – Bongi Mthombeni en Brenda Mtambo