Skip to main content

Ten spyte van al die wrewel wat oudpres FW de Klerk hom op die hals gehaal het met die video wat na sy dood vrygestel is, het President Cyril Ramaphosa ‘n vier dae lange routydperk vir De Klerk afgekondig. Landsvlae sal halfmas wapper vanaf sononder vandag tot Sondag.

In Ramaphosa se verklaring vanuit die presidensie is daar gesê dat dit gedoen sal word “as ‘n teken van respek” vir wyle oudpresident De Klerk.

De Klerk is Donderdag ná ‘n lang siekbed in die ouderdom van 85 aan longkanker oorlede. ‘n Privaat verassing en begrafnis is deur die De Klerk-gesin gereël. Die regering sal op ‘n toekomstige datum ‘n staatsgedenkdiens aanbied.

Leave a Reply

error: Content is protected !!