Skip to main content

Suretha Brits, die sogenaamde Pofadder-monster, is gister in die hof op Upington tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis vir moord en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede gevonnis. Dit word samelopend uitgedien.

Die aantreklike Brits het skuldig gepleit op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Die ander klagtes teen haar is teruggetrek.

Sy het erken dat sy die baasbrein agter die moord was en het volle verantwoordelikheid vir haar rol in die moord aanvaar.

Adv. Barry Roux, wat ook vir Oscar Pistorius verteenwoordig het, het die hof toegespreek ter versagtende van vonnis.

“Sy aanvaar verantwoordelik en het berou. Sy is nie ‘n gewoontemisdadiger nie. Brits erken dat sy die verkeerde wyse gevolg het om van Leon Brits weg te kom.

“Suretha het Leon ontmoet toe sy net 14 jaar oud was. Hy was op daardie stadium 25 jaar oud. Sy het op 15 swanger geraak met ‘n tweeling, waarna Leon daarop aangedring het dat sy vir ‘n aborsie gaan. Die paartjie is getroud toe Brits 19 jaar oud was.

“Sy beweer hulle het albei buite-egtelike verhoudings gehad en dat sy hom telkens om ‘n egskeiding gevra het. Hy wou nie daartoe instem nie.  Sy beweer ook dat hy haar vir jare lank fisiek en emosioneel mishandel het en na jare se aftakeling is sy uiteindelik daartoe gedryf om Van Vuuren te nader om iemand te kry om Leon te vermoor.”

Die staatsadvokaat, Johannes Cloete, het versoek dat die verhoor van die ander twee beskuldigdes, Amatle Bareki (25) en Enrich Williams (35) geskei word.

Bareki en Williams se verhoor sal na verwagting op 22 November begin.

Leave a Reply

error: Content is protected !!