Hoekom het ons fase 4 beurtkrag gehad?
‘n Massiewe ontploffing, ‘n grondlekkasie, ‘n brand, swak steenkoolgehalte, ketelbuise wat bars weens ouderdom: net ‘n paar van die elle lang lys van tegniese probleme wat verlede week bygedra het tot Fase 4-beurtkrag.
Volgens Eskom was ongeveer 17 000 MW se kapasiteit hierdeur geraak.
Nog is dit het einde niet. Ander foute wat onder andere by kragstasies aangeteken is, is druklaer probleme, swak kondensor vakuums, ketel- en kondensorbuise wat lek, stoomlekke in turbines en swak steenkoolmeulwerkverrigting.