Skip to main content

Terwyl die wêreld die lug probeer skoon maak, verdubbel China tans op hul steenkoolverbruik.

Steenkool is die vuilste fossielbrandstof wat bestaan ​​en China verbrand meer daarvan as die res van die wêreld saam. Drie Chinese kragsentrales alleen verteenwoordig meer steenkoolkrag as die VK se hele uitset.

Daar is juis tans ‘n nuwe kragstasie in aanbou in Ningwu.

Chinese paaie is letterlik gevul met honderde vragmotors wat steenkool vanaf die myne na kragstasies vervoer.

Kragstasies uit die Mao-era is glo steeds in werking. Reuse sosialistiese slagspreuke is by hierdie myne in die rotswande uitgekap.

Maar daar is ook nuwe, moderne steenkoolkragstasies in hierdie land.

Daar is drie nuwe kragstasies ‘n paar uur se ry van mekaar af, almal in die Shuozhou omgewing, ‘n industriële stad sewe uur se ry van Beijing af. Twee is nog in aanbou, en die derde een is ‘n bestaande een wat vergroot word.

Daar is dus duidelike verskille in dit wat China aan die wêreld by ‘n internasionale beraad vertel en wat werklik gebeur.  China se belofte om hul steenkoolverbruik in die volgende vier jaar ‘geleidelik’ te verminder, gaan duidelik nie gebeur nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!