Skip to main content

Darrell Meekcom, ‘n terminal siek Brit, was op voorblaaie van koerante nadat beeldmateriaal gewys het hoe hy deur ses polisiebeamptes grond toe gestoei word ná sy waaghalsige toertjie in Kidderminster.

Meekcom was gediagnoseer is met veelvuldige sisteem atrofie, ‘n terminale toestand wat die senuweestelsel affekteer, asook Parkinson se siekte en nierversaking.

Die 55-jarige het gesê dit is op sy ‘bucket list’ was om sy boude vir ‘n spoedkamera te wys – maar ‘n polisiebeampte wat dit gesien het, het nie die snaakse kant daarvan verstaan nie en het hom vir onsedelike blootstelling gerapporteer.

Meekcom het sy broek by die mobiele spoedkamera-bussie in Kidderminster laat sak terwyl sy vrou ‘n brood by die supermark gaan koop het.

Hy is gearresteer en is sedertdien vrygelaat terwyl die saak verder ondersoek word.

Graffiti wat blykbaar na die voorval verwys, het teen die muur van ‘n moltreinstasie in Kidderminster verskyn – en Meekcom glo die bekende kunstenaar Banksy sit daaragter.

Die beroemde straatkunstenaar se werk wys Bart Simpson met sy kortbroek afgetrek om sy bas te ontbloot, terwyl twee polisiebeamptes hul knuppels lig om die spotprentkarakter te foeter.

“Dankie Banksy!” het Meekham op Facebook geskryf terwyl hy ‘n foto geplaas het van homself waar hy langs die muurskildery poseer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!