Skip to main content

Mosambiek se voormalige Minister van Finansies, Manuel Chang, sit sedert 2018 in ‘n Suid-Afrikaanse tronk, maar sal aan die VSA uitgelewer word volgens ‘n Gautengse Hooggeregshofbeslissing.

Volgens die bevel, wat ‘n vroeëre bevel deur Ronald Lamola, die Minister van Justisie, ongeldig maak, moet Chang pa staan vir aanklagtes wat verband hou met ’n bedrieglike skema, een van die grootste korrupsieskandale wat die Afrika-kontinent ooit beleef het, wat hy tussen 2013 en 2014 goedgekeur het. Dit staan bekend as die “verborge skuld”-skandaal.

As destydse minister van finansies het Chang aan Switserse bankiers bevestig dat die opbrengs van ‘n staatslening aan ‘n kommersiële makelaar in plaas van aan die Mosambiekse Sentrale Bank betaal moet word. Daar word beweer dat hy lenings gewaarborg het, wat volgens Mosambiekse wetgewing onwettig was, en hierdie lenings selfs vir ander kabinetslede geheim gehou het. ‘n 2016 wanbetaling op Euro-effekte  – wat deur die Mosambiekse regering uitgereik is om hierdie en ander onbetaalde lenings weg te steek -, het hierdie dade in die openbare oog gebring.

Chrispin Phiri, Chang se woordvoerder, het gesê die minister oorweeg sy opsies om te sien of hy wil appelleer of nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!