Die rand het verlede week tot ‘n laagtepunt van R15,485/$ gedaal in die nasleep van die hoë Amerikaanse inflasienuus, maar het daarin geslaag om van die verliese te verhaal nadat die Suid-Afrikaanse Minister van Finansies, Enoch Godongwana, sy eerste middeltermynbegroting ter tafel gelê het.
Daar word voorspel dat Suid-Afrika se skuld tot BBP-persentasie in 2025/26 ‘n hoogtepunt van 78,1% sal bereik.
Die rand se gedrag volg wêreldmarkgebeure eerder as plaaslike faktore. Maandag was die rand op R15,33/$, R17,57/€ en R20,59/£.