Skip to main content

‘n Onlangse Oos-Kaapse hondebytvoorval het opnuut weer die fokus op wat die verantwoordelikheid van honde-eienaars is, in die kollig geplaas.

Sedert ‘n appél in 2020 in ‘n Hooggeregshof, waar eisers suksesvol was in ‘n saak waar hulle deur honde aangval was, moet honde-eienaars meer duidelikheid kry oor waarvoor hulle sal moet opdok as hulle honde iemand sou byt.

In die geval van hondebyte word ‘n eis van actio de pauperie gebring, wat ‘n eis teen die eienaar van ‘n dier is. Actio de pauperie is streng aanspreeklikheid, al was daar nie werklike nalatigheid of opset om skade aan te doen nie.

Vir aanspreeklikheid om ingevolge hierdie eis te slaag, moes die dier teen sy aard opgetree het, volgens Jean-Paul Rudd, ‘n vennoot by die regsfirma Adams & Adams.

Die rasionale gevolgtrekking is dat huisdiere al so lank onder die invloed van die mens is dat ‘n minimum standaard van goeie gedrag van hulle verwag kan word, m.a.w. hulle sal nie iemand van nature aanval nie.

Rudd het bygevoeg dat vir ‘n eis van nalatigheid om ingestel te word, skuld aan die eienaar of huisbewoner toegeskryf moet word wat die voorval veroorsaak het.

Dade van nalatigheid kan die volgende insluit:

Die eienaar versuim om ‘n gapende gat in sy/haar heining by die huis te herstel;

Die eienaar laat die hond sy leiband af in ‘n openbare plek;

Die hond dwaal van privaat perseel af en byt ‘n individu in ‘n openbare area, byvoorbeeld in die woonbuurt/straat.

Om ‘n eis in te stel, is daar ook ‘n paar reëls.

“Jy het bewyse van die besering/s nodig. In die meeste gevalle behoort mediese verslae of foto’s van die werklike besering voldoende te wees. Bewyse moet gedokumenteer word terwyl die beserings nog vars is, by gebreke waarvan jy dalk sukkel om te bewys dat die beserings wat jy opgedoen het deur die betrokke voorval veroorsaak is,” het Adams & Adams gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!