Skip to main content

Die Ceres Rail Company se ikoniese stoomtrein sal op 28 November sy reise tussen Kaapstad en Elgin hervat. Dit het opgehou om die roete te ry sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie.

Die Ceres-spoorlyn, wat in 1912 sy eerste stoomlokomotief deur die vrugbare Elgin-vallei gedra het, het die afgelope 20 maande geen vreugde aan mense wat ‘n wegbreek wil geniet, verskaf nie. Voor die pandemie het die stoomtrein gereelde reise vanaf Dockrailweg in Kaapstad na die Elgin-spoorwegmark aangebied.

Die rit, wat ongeveer vier uur duur, laat die trein deur Sir Lowry’s Pas kronkel voordat dit na Grabouw en die groen boordvallei daal.

Die Ceres Rail Company beplan om die roete op die laaste Sondag van November in werking te stel. Die eerste rit sal net vir die media en genooide gaste oop wees. Daarna sal die gereelde reise elke Saterdag en Sondag hervat word.

Passasiers aan boord van die Klas 19 D-stoomlokomotief – liefdevol bekend as “‘n Dolly” – sal ongeveer drie uur hê om die Elgin-spoorwegmark te verken. Die hedendaagse mark, wat oorspronklik ‘n ou appelpakhuis was wat in die 1940’s langs die spore gebou is, het ‘n steampunk-estetika, met kopertoebehore, versierde balustrade en ou baksteenmure.

Die mark beskik oor ‘n verskeidenheid kleinhandelstalletjies wat egte leerware, juweliersware, en selfs pasgemaakte braaigereedskap verkoop, asook vele kosstalletjies. Dan is daar is ‘n kroeg wat plaaslike wyne, biere en siders bedien. Resigers kan ook Elgin- en Botrivier-wyne in die wynwinkel bekom.

Die Ceres Rail Company bied vyf verskillende soorte kaartjies vir die retoerrit van Kaapstad na Elgin.

Dagsitplek in restaurant-tipe ‘sitplek-hokkie’ kos R625 per persoon.

Bar Lounge Sitplek, slegs beskikbaar vir passasiers bo die ouderdom van 18, kos R625 per persoon.

‘n Gesinskoepee, geskik vir ‘n maksimum van drie volwassenes, of twee volwassenes met twee kinders, bied privaatheid en kos R1 500 per eenheid.

Die Gesinskompartement, geskik vir ‘n maksimum van ses volwassenes, of vier volwassenes met twee kinders, kos R2 900 per eenheid.

Die Observation Car, beskryf as “die beste sitplek in die huis”, is geskik vir groot groepe van tot 28 mense, met lugversorging, opsionele privaat kroeg, opsionele eksklusiewe spyseniering, en uitsigte reg rondom en kos R850 per persoon in hierdie deel.

Die stoomtrein het ‘n volledig gelisensieërde kroeg aan boord en bedien ‘n verskeidenheid versnaperinge en verversings.

Die trein vertrek om 07:45 vanaf Harbour Bridge Hotel op Dockrailweg by die Foreshore in Kaapstad en arriveer om 11:30 by die Elgin-spoorwegmark. Die treine begin om 14:15 hul terugreis na Kaapstad en kom tussen 17:30 en 18:15 terug.

Leave a Reply

error: Content is protected !!