Die Nederlandse groep Heineken, wat die wêreld se tweede grootste brouer ná Anheuser-Busch InBev. is, wil Distell koop en beplan om ‘n nuwe drankreus te word.
Ses maande nadat Heineken die eerste keer sy belang in ‘n oorname van Distell aangekondig het, het Heineken uiteindelik ‘n aanbod van €2,2 miljard (R38,5 miljard) gemaak vir die groep, wat handelsmerke soos Nederburg, JC le Roux, Klipdrift, Amarula, Savanna en Hunters Dry besit.
Hierdie aanbod sal Distell in twee besighede verdeel.
Distell se sider en ander gereed-om-te-drink-drankies, sowel as spiritualieë- en wynhandelsmerke sal ‘n nuwe naam kry (“Newco”), wat gekombineer sal word met Heineken se Suider-Afrikaanse besigheid en die Nederlandse groep se belang in Namibia Breweries Limited (NBL), wat Windhoek en Tafel besit.