Skip to main content

‘n Eerste koalisie-ooreenkoms vir ‘n bestuurlose munisipaliteit in die Wes-Kaap ná die afgelope munisipale verkiesing is gesluit tussen die DA, Vryheidsfront Plus en die Cederberg First Residents Association.

Hierdie drie vennote sal die Cederberg-munisipaliteit vir die volgende vyf jaar regeer.

Dìt nadat die DA, wat hierdie gebied sedert die 2016-verkiesing regeer het, vier setels in 2021 verloor het. Die Vryheidsfront Plus se steun in die gebied het gegroei en aan hulle een setel besorg, terwyl die nuwe onafhanklike politieke vereniging Cederberg Eerste Inwonersvereniging drie setels gekry het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!