Skip to main content

Volgens mense wat vanoggend in die hof op Upington was, het Suretha Brits, die weduwee van Leon Brits, hoteleienaar van Pofadder, vanoggend skuldig gepleit op die moord op haar man.

Brits se hofsaak het vanoggend begin. Haar verhoor gaan glo van haar medebeskuldigdes se verhoor geskei word.

Sy word aangekla vir onder meer die huurmoord op haar man op 7 Oktober verlede jaar, asook drie aanklagte van regsverydeling. Leon was met ‘n hondeketting verwurg en in die swembad by sy woning in Pofadder gegooi.

Jacques van Vuuren het reeds skuld beken op die aanklagte teen hom en dien 20 jaar gevangenisstraf uit.

Leave a Reply