Die Minister van Gesondheid Dr. Joe Phaahla het vanoggend ‘n nuuskonferensie gehou oor die stand van sake met Covid-19 in die land.
Hy sê die vierde vlaag van infeksies word steeds verwag, veral as mens kyk na wat tans in Europa gebeur. Hoewel niemand kan voorspel wanneer die vierde vlaag Suid-Afrika gaan tref nie moet alles nou moontlik gedoen word om dit te vertraag.
‘n Vierde vlaag is onvermydelik en gaan moontlik aangedryf word deur mense se beweging tussen lande, asook dalk ‘n nuwe variant. Wetenskaplikes is besig om dop te hou of daar enige kommerwekkende nuwe variante is.