Skip to main content

Vandag, 19 jaar gelede het die dood van Ralph Rabie, beter bekend as Johannes Kerkorrel, ons land en ons harte geruk.

Mense was stom geskok. Verby verbysterd.

Die man wat uitlokkende, middelvinger-satiriese liedere – goed wat vir óns sin gemaak het – gesing het, se stem en enige nuwe lirieke was nou vir ewig vir ons verlore.

Wie weet…

Dalk het hy vir hom ‘n eiland gekoop

Maar ons weet hy het weggeloop

Later gaan hy oor die wit sand loop

En kyk elke dag as die son sak in die blou see…

(Sy woorde uit sy ‘Somer’ aangepas.)

Dalk was hy maar net nie vir hierdie wrede wêreld bedoel nie, en wou dit selfs op die manier waaraan hy dood is, aan die wêreld bewys… So, met sy voete wat nie aan dié besmette aarde raak nie…

 

 

Leave a Reply