Skip to main content

Die aantal gevangenes wat lewenslange vonnisse uitdien, groei vinniger in Suid-Afrika as enige ander plek in die wêreld.

Lang tronkstraf – veral lewenslange vonnisse, is nie die antwoord op ons land se ontstellende probleem van geweldsmisdaad nie. En verkeerde beleid hieroor het vir die land nog net meer probleme gebring.

Lewenslange tronkstraf is nou ons uiteindelike straf. En die getalle van diegene wat lewenslank in die tronk is, het verstommend toegeneem.

Die jongste jaarverslag van die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste (JICS), teken aan dat nie minder nie as 17 188 gevangenes tans lewenslange vonnisse uitdien. Dit is 12% van ons land se totale tronkbevolking.

Leave a Reply

error: Content is protected !!