Skip to main content

’n Bolt-taxibestuurder is Donderdagoggend op Wensleydaleweg in Scottsville, Pietermaritzburg doodgeskiet. Sommige mense glo dat dit ’n beplande moord was.

Die vermoorde Nkanyiso Zwane is gevind deur ‘n lid van Mi7 Group wat ‘n roetinepatrollie langs Woodhouseweg gedoen het.

Die nasionale groepbestuurder van Mi7, Collin David, het aan The Witness gesê toe hul lid besig was om ‘n patrollie te doen, het hy ‘n motor (‘n wit Toyota Etios) opgemerk wat in die pad geparkeer was en hy het dit genader. Beide die voorste en agterste passasiersdeure was oop.

Die polisie ondersoek die saak.

Leave a Reply