Die polisie in Kriel doen ’n beroep op die publiek om te help met die oplossing van ’n geregtelike doodsondersoeksaak nadat die lyk van ’n bejaarde man op 01 Oktober 2021 by Dwarsfontein-plaas in Kriel ontdek is.
Luidens die berig het die oorledene, – wat onbekend is en na raming 75-jaar oud is -, wit en blou tekkies, ‘n groen langbroek, ‘n blou hemp, swart baadjie en ‘n swart hoed gedra.
Enigiemand met inligting wat die polisie kan help met die ondersoek of om die oorledene se familie op te spoor, word versoek om kaptein Slilo Mokoena te kontak by 082 579 0460.
Die gemeenskap kan ook die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 skakel of inligting via MYSAPSAPP stuur. Alle inligting wat ontvang word, sal as vertroulik hanteer word en mense kan kies om anoniem te bly.