‘n 18-jarige tiener is in Pietermaritzburg in hegtenis geneem nadat hy sy meisie 22 keer te Sweetwaters met ’n mes gesteek het.
Die vrou was so erg beseer dat sy haar ingewande met haar hand moes vashou terwyl sy uit die huis gekruip het om hulp te gaan soek.
Die vrou is pas uit die hospitaal ontslaan maar moet nog gereelde besoeke aan die plaaslike kliniek maak om na haar vele wonde om te sien.
Die man sal eersdaags in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord.