Skip to main content

Die politieke partye wat in heelwat munisipaliteite in die Wes-Kaap as ‘koningmakers’ na vore getree het, eis niks minder as burgemeesters-,  onderburgemeesters, burgemeesterskomiteelede- of speakers-poste nie.

Die mark vir nuwelinge in die politieke arena is soos kersfees in November, maar munisipale owerhede meen dat dié spul nie bewus is dat hulle nie net stemme vir politieke poste kan inruil nie.

Die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, het voet neergesit en die ‘koningmakers’ gewaarsku dat “administratiewe posisies kan nie deel van koalisie-onderhandelinge wees nie”.

Leave a Reply

error: Content is protected !!