Skip to main content

Beurtkrag sal vandag om 12uur verlaag tot fase-2 en word dan 5:00 môre oggend opgeskort en nie eers Saterdag soos voorheen verwag is nie.

Eskom se bestuurspan het vanoggend weer ‘n nuuskonferensie gehou om die land in te lig oor die kragnetwerk en die voortslepende beurtkrag. Die Hoof Uitvoerende Beampte van Eskom, André de Ruyter, sê hy het volle begrip vir Suid-Afrikaners se frustrasie en woede met beurtkrag, maar glo as almal saamwerk kan die vraag na krag bespaar word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!