Oudpresident F.W. de Klerk is vroeër vanoggend oorlede. Hy het sy stryd teen kanker verloor. Volgens die F.W. de Klerk-stigting was hy ten tye van sy dood in sy woonhuis in Fresnaye in Kaapstad saam met sy vrou, Elita.
Hy is vroeë die jaar gediagnoseer met mesothelioom – ‘n kanker wat die voering van die longe aantas.
De Klerk was van September 1989 tot Mei 1994 Suid-Afrika se staatshoof en het ná die April 1994 verkiesing een van die land se twee adjunkpresidente geword.