Skip to main content

Die AfriForum-buurtwaglede in Springs het verlede Vrydag praktiese opleiding ontvang en ingeoefen.

Die takbestuur het dit goedgedink om die prakties opleiding met AfriForum se patrollielede in te oefen nadat hierdie buurtwag al vir ’n geruime tyd opleiding in toneelhantering aanlyn ontvang het.

Daar was onder meer scenarios geskep waarop die patrollielede moes reageer asof dit ’n werklike toneel was.

“Dit is van kardinale belang dat hierdie opleiding ingeoefen word om te verseker dat elke patrolleerder toegerus is met die nodige kennis om die beste besluite en bystand in alledaagse situasies te bied,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Sowat 14 individue het deelgeneem aan hierdie opleiding. Na afloop van die opleiding is daar nabetragting gedoen om sterk- en swakpunte uit te wys om aan te pas om sodoende beter te presteer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!